Frik van Niekerk is professor in Energie in die Eenheid vir Energie- en Tegnologiestelsels, Navorsingsgroep: Kerningenieurswese, Fakulteit Ingenieurswese, Noordwes-Universiteit (NWU) en direkteur van Viridis Ipsum Groen-Energie-Oplossings. Hy het Fisika, Wiskunde en Toegepaste Wiskunde studeer en ’n D.Sc. in Kernreaktorwetenskap verwerf.
Voor sy huidige posisie by NWU was hy Adjunkvisekanselier: Navorsing, Innovasie en Tegnologie en by tye ook Viserektor (Akademies, Tegnologie) by NWU (2001 – 2017). Vanaf 1997 tot 2000 was hy Ingenieursbestuurder: Kragstelsels by die PBMR-maatskappy wat ’n modulêre korrelbedreaktor ontwerp het. Voor dit was hy Bestuurder: Visionika- en Missiestelsels by Denel Aviation se Rooivalk-helikopterprogram (1994– 1997). Hy was Bestuurder van die Besigheidseenheid vir Gevorderde Moniteringstelsels by die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa) gedurende die tydperk 1988 tot 1994 nadat hy in 1983 daar as wetenskaplike begin werk het. Gedurende 1987– 1988 was hy Wissenschaftliche Mitarbeiter, Gesellschaft für Reactorsicherheit (Instituut vir Reaktorveiligheid), München, Duitsland.