Gesprekspunt

Besinnings oor aktuele aangeleenthede

Meningstukke deur Akademielede en ander kundiges

Menings wat in bydraes op Gesprekspunt uitgespreek word, weerspiëel nie noodwendig die menings en opvattings van die SA Akademie nie.

Sielkundige welstand: ’n Blik op die voordele van verhoogde globale bewussyn van geestesgesondheid

12/10/22
deur prof. Irma Eloff
BA (PU vir CHO); HOD, B Ed (Psych) cum laude, M Ed (Psych) cumlaude (Pretoria); PhD (Stellenbosch)

Departement Opvoedkundige Sielkunde
Universiteit van Pretoria

Irma Eloff is 'n professor in opvoedkundige sielkunde aan die Universiteit van Pretoria en 'n ereprofessor by die Universiteit van Innsbruck in Oostenryk.  Sy is 'n voormalige dekaan van Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria, en die stigtersdekaan van die Afrika Forum vir Dekane van Opvoedkunde (ADEF), wat 'n fokuspunt van die UNESCO Internasionale Onderwysers Taakspan is.  Sy is die voorsitter van die Global Network of Deans of Education (GNDE). Sy het besoekende professorate beklee in die VSA, Brittanje en Europa.  In 2018 is die Förderkreis 1669 Wissenschafft Gesellschaft -professoraat in sosiale wetenskappe aan die Universität Innsbruck aan haar toegeken. Sy is 'n voormalige Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, ‘n lid van die Academy of Science of South Africa (ASSAf), en 'n stigterslid van die South African Positive Psychology Association (SAPPA). Irma is 'n alumnus van die Universiteite van Pretoria, Stellenbosch, Noordwes en die GIBS Besigheidskool.

deur prof. Irma Eloff
deur prof. Irma Eloff
BA (PU vir CHO); HOD, B Ed (Psych) cum laude, M Ed (Psych) cumlaude (Pretoria); PhD (Stellenbosch)

Departement Opvoedkundige Sielkunde
Universiteit van Pretoria

Irma Eloff is 'n professor in opvoedkundige sielkunde aan die Universiteit van Pretoria en 'n ereprofessor by die Universiteit van Innsbruck in Oostenryk.
Lees meer

Te midde van al die uitdagings van die Covid-19-pandemie was een van die voordele die verhoogde globale bewussyn rakende sielkundige welstand, oftewel geestesgesondheid. Waar gesprekke oor sielkundige welstand voorheen met effense huiwering aangevoer is, is dit deesdae n gemaklike gespreksonderwerp in menige sitkamers, komiteekamers, kerkgeboue en WhatsApp-groepe. Ons praat nou gemakliker oor ons psigiese uitdagings, beraam innoverende planne om sielkundige ondersteuning te bied waar nodig en ons doen toenemend empiriese navorsing om sielkundige welstand by mense en gemeenskappe beter te verstaan. 

Wanneer daar, soos nou, ’n opwelling van belangstelling in die publieke ruimte voorkom, is dit belangrik om tussen feite en persepsies te onderskei. 

Onderskei tussen sielkundige welstand en sielkundige ongesteldheid 

Sielkundigewelstand verwys breedweg na ’n innerlike staat waar ’n mens oor die vermoë beskik om die normale stressors van die lewe te hanteer, selfaktualiserend en in harmonie met die omgewing te leef, deurlopend te leer, en ’n bydrae tot die samelewing te maak, hetsy in werks-, persoonlike of gemeenskapsverband.   

Sielkundige ongesteldheid daarenteen verwys na psigiese toestande wat gedragspatrone, denkpatrone en algemene emosionele gesteldheid in mense beïnvloed. Dit sluit onder meer kliniese toestande in soos depressie, angs, post-traumatiese stres of ander manifestasies van psigiese ongesteldheid. Dit hou dikwels verband met traumatiese gebeure, omgewingsinvloede en biologiese faktore. Die impak hiervan kan ernstig, omvattend en ook langdurig wees. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie was daar ʼn dramatiese 13%-styging in sielkundige ongesteldheid gedurende die afgelope paar jare, met skattings dat ongeveer 20% van die populasie sielkundige ongesteldheid ervaar. 

Geestesongesteldheid gee aanleiding tot gesondheidsprobleme, menseregteskendings, ekonomiese verliese en selfs premature mortaliteit – volgens die Spesiale Inisiatief vir Geestesgesondheid (2019-2023) van die Wêreldgesondheidsorganisasie. 

Professionele hulpverlening vir geestesongesteldheid is dus krities belangrik op dieselfde wyse as wat professionele hulpverlening vir fisieke siektetoestande is. Ons gaan dokter toe as ons siek is. Só behoort ons ook hulp te kry wanneer ons harte, ons siele en ons gemoedere ongesteld is. Maar ons doen dit selde. 

Na raming ontvang slegs een uit elke drie mense wat professionele hulp benodig,wel die nodige hulp - ʼn syfer wat dalk selfs nog laer kan wees in sommige kontekste. 

Dis almal van ons 

Almal van ons, letterlik álmal van ons, het al geestesongesteldheid gedurende stadiums van ons lewens beleef. Ons ervaar verlies, ons beleef trauma en daar is tye van turbulensie en transisie in almal se lewens. En tog sien ons dikwels geestesongesteldheid as iets wat met “ander” gebeur. 

Dit is normaal om depressie te beleef wanneer ons intense verlies of trauma in ons lewens ervaar. Dit sou abnormaal gewees het indien ons nie affektief daardeur beïnvloed sou word nie. Nietemin gesels ons makliker oor ons mediese prosedures as wat ons dit sou deel dat ons emosioneel deur n moeilike tyd gaan en hulp benodig.

LEES VERDER