Gesprekspunt

Besinnings oor aktuele aangeleenthede

Meningstukke deur Akademielede en ander kundiges

Menings wat in bydraes op Gesprekspunt uitgespreek word, weerspiëel nie noodwendig die menings en opvattings van die SA Akademie nie.

Beste belange van die kind: Die onderwyser in die klas Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys, 2024 (WWBO) bedink

4/10/24
Prof Jan Heystek, voorsitter van die SA Akademie se Onderwyskommissie besin oor wat die beste belange van die kind beteken en wie dit bepaal.

Voordat prof Jan Heystek in 1995 as senior lektor aan die Universiteit van Pretoria aangestel is, was hy 'n adjunkhoof by 'n sekondêre skool. Hy het sy akademiese werk by die Universiteit Stellenbosch (2006 tot 2012) voortgesit en is tans navorsingsprofessor en die direkteur van die Onderwysleierskap (Edu-Lead) navorsingsentiteit aan die Noordwes Universiteit.

Hy was betrokke by die onderrig van voorgraadse, en nagraadse studente in die bnree vakgebeid van onderwysleierskap en -bestuur.

Sy aanvanklike navorsing het gefokus op skoolbestuur (governance) (vanuit 'n leierskapsperspektief) met die potensiële bydrae van ouers as vennote om die standaarde van onderwys te verbeter. Sy onlangse fokus is op die rol van skoolhoofde en skoolbestuurspanne en beheerliggame om verantwoordelikheid te neem om die gehalte van onderwys in onderpresterende skole in lae sosio-ekonomiese konteks te verbeter.

Prof Heystek is die mede-outeur van twee handboeke: Menslike hulpbronbestuur in die onderwys (2005) en Menseleierskap in die onderwys (2008), asook die skrywer van verskeie hoofstukke in verskillende internasionale boeke, studieleier van 18 doktorale en 38 meestersgraadstudente en outeur of mede-outeur van 45 artikels in nasionaal en internasionaal gerespekteerde en geakkrediteerde vaktydskrifte.

Hy was 'n NNS C2-gegradeerde akademikus.

Prof Jan Heystek, voorsitter van die SA Akademie se Onderwyskommissie besin oor wat die beste belange van die kind beteken en wie dit bepaal.
Prof Jan Heystek, voorsitter van die SA Akademie se Onderwyskommissie besin oor wat die beste belange van die kind beteken en wie dit bepaal.
Lees meer

Die doel van hierdie gedagtewisseling is om oorweging te skenk aan wat die beste belange van die kind beteken – in die klaskamer en skoolsituasie, buite die regtelike belange soos uitgespel in die gewysigde Wysingswet op Wette op Basiese Onderwys, 2024 (WWBO). Wie bepaal wat is in die beste belang van die kind en watter kriteria en waardes word gebruik om die beste belang van die kind te bepaal daar in die klas?

Dit klink na ʼn eenvoudige vraag met ʼn moontlike eenvoudige antwoord – die onderwyser natuurlik. ʼn Goeie onderwyser sal altyd die beste belange van ʼn kind vooropstel. Die goeie onderwyser se kriteria mag dalk verskil – die goeie Graad 1 en Graad 12 onderwyser mag verskillende kwaliteite hê, maar albei mag die kind se belange vooropstel. Een deur meer liefde te bewys en ʼn drukkie te gee; die ander om ekstra werk (strafwerk?) te gee wat ook die beste belang dien.

Ons is bevoorreg om ʼn span onderwysers in skole te hê wat ongelooflike werk doen – nie net akademies nie, maar ook om kinders as mense met waardes op te voed en nie net te onderrig om goeie matriekuitslae te behaal nie. Ons het almal nog die herinnering aan die hupstoot wat ons ontvang het van die onderwyser wat jou aangemoedig het en ʼn vlammetjie aangesteek het om jou te bring tot waar jy vandag is.

Dankie aan al die “onnies” wat steeds daardie vlammetjie aansteek en kinders aan moedig om uit te styg – vir baie kinders bo hulle minder goeie omstandighede.

Onderwysers het die grootste invloed op die kwaliteit van onderwys. Hulle is elke dag en die grootste deel van die dag in direkte kontak met die kinders. Die kwaliteit van onderwys word meestal gemeet volgens akademiese uitsette, terwyl die menslike interaksie en invloed, veral soos vergestalt in waardes, min of glad nie gemeet word nie. Hierdie moeilik meetbare aspek is dalk die plek waar die beste belange van die kind die belangrikste is en waar meer waarde toegevoeg word as die uiteindelike onderskeiding. Dit kan ook nie ontken word dat die onderskeiding of selfs net die slaag, te danke is aan daardie een onderwyser se toewyding en hulp wat met liefde gedoen is nie. Kinders werk vir die onderwyser wat hulle raaksien – hulle beste belange op die hart dra, ten spyte en selfs ten koste van persoonlike opoffering en ongemak.

Dankie.

Volgens die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys, 2024 (WWBO), word die beste belange van die kind gekoppel aan toelating tot die skool (Seksie 5) en die onderrigtaal in die skool (Seksie 6) en die gedragskode (Seksie 8) wat heeltyd verbind is aan die beginsels van gelykheid en gelykberegtiging wat as kernwaardes in die Menseregtehandves as deel van die Grondwet beklemtoon word. Onderwysers moet daardie beginsels vooropstel soos wat daar van hulle verwag word; daar moet egter minstens dieselfde klem geplaas word op die sielkundige, sosiale en emosionele faktore wat kinders se beste belange elke dag in die klas mag beïnvloed. ’n Kind wat vandag nie lekker voel nie, maak nie saak of dit emosionele of fisiese oorsake het nie, dit is die onderwysers wat in daardie situasie moet optree in die kind se beste belang. ʼn Vermanende woord of net ʼn bemoedigende glimlag – kan altwee in belang van die kind in die oomblik wees.

Dankie dat jy as onderwyser die kind se belange vooropstel; dit het dalk meer waarde as die akademiese inhoud wat aan die kind oorgedra word.

Gelykheid as waarde, binne die breë Suid-Afrikaanse konteks, is polities gelaai deur die geskiedenis. Gelykheid binne ʼn klaskamer met 30 en meer kinders het ook as waarde om die kinders gelykwaardig te behandel, tog regverdig. Dit is die toepassing op hierdie vlak waar kwaliteitonderwysers werklik uitstyg – een kind kry ʼn glimlag en die ander een ʼn vermanende kyk – tog is altwee gelykwaardig en regverdig behandel. Die verhouding tussen onderwyser en kinders – die vertroue dat die onderwyser elke kind se beste belange altyd prioritiseer, laat die kinders aanvaar dat ʼn kwaai kyk en ʼn glimlag op daardie stadium die beste belang is en nie ʼn onregverdige diskriminerende behandeling nie. Dankie vir daardie waarde van onderskeiding maak – om die beste belang op die oomblik te laat praat.

ʼn Waardegedrewe benadering tot die beste belang van die kind mag dalk ook ʼn verdere antwoord verskaf. Daar is waardes wat onder andere in die Grondwet se Handves van menseregte verskaf word. Dit is ook die waardes wat in die WWBO as basis gebruik word om na die beste belange van die kind te verwys ten opsigte van toelating tot skole, taalvereistes en gedragskodes.

Kinders spandeer ʼn baie groot gedeelte van die dag in die skool en daarom word die beginsel gebruik dat die onderwyser (wat alle onderrigpersoneel by ʼn skool insluit) as “in loco parentis” in die plek van die ouer in die skool besluit wat is in die beste belang van die kind.

ʼn Kernvraag in die geval van die skool se opset is of die provinsiale Departementshoof ook outomaties ingesluit word by die beginsel van in loco parentis en of dit net van toepassing is op die skoolgebaseerde onderwysers.

Volgens prof JP Rossouw moet die term in loco parentis – toegepas op onderwysers met omsigtigheid behandel word, veral in konteks waar een onderwyser maklik 30 of meer kinders in ʼn klas het teenoor ʼn ouer wat slegs ʼn paar kinders onder toesig het. Die regte en wetlike verpligtinge van onderwysers kan eerder as die vertrekpunt geneem word as om dalk onrealisties te verwag die onderwysers moet instaan vir die ouers vir amper die grootste deel van die dag.

LEES VERDER

Bronne