Boekbekendstelling: So werk die natuur eintlik! deur Peet van Schalkwyk - 24 Julie

Wanneer: Woensdag, 24 Julie 2024

Plek:
Kantore van die SA Akademie

Adres: Ziervogelstraat 574, Arcadia, Pretoria

RSVP: 20 Julie 2024 by melanie@akademie.co.za

''Daar bestaan 'n behoefte by die hedendaagse publiek om  wetenskaplike verskynsels op 'n eenvoudige maklike manier te verstaan, en  verklaar te kry. Dit blyk uit natuur- en wetenskaplike programme en  aanbiedings op nasionale radio en internationale betaal TV-kanale. Wat meer is, die boek kan ook dien as opvoedkundige bron om vertaal te word in Engels  en in twee of meer Afrika-tale.

Hierdie boek is 'n samevatting van die skrywer se ervaring met  mense se verkeerde opvattings van hoe die natuur eintlik werk, wat op 'n  verteltrant boeiend is en verbeeldingsvlugte en denke stimuleer.

Prof Peet van Schalkwyk is sy hele loopbaan met die opvoeding  van die publiek, studente en kinders besig, deur wetenskap op 'n populêre  manier aan te bied. Hy was medestigter van die Eksploratorium by die  Universiteit van Pretoria in 1978 en die stigter van die Wetenskaptuin by die  NWU in 1986, beide met elemente wat met die Evoluon in Nederland, kan  vergelyk. 'n Groot aantal skole besoek gereeld hierdie sentrums en slaag grootliks daarin om belangstelling in die wetenskap by besoekers te skep.

Peet is die ontvanger van 'n TWAS-UNESCO toekenning in 2012 en  finalis by NSTF-BHP Billiton Award in 2013. Hy dien as voorsitter van die  Vereniging vir Wetenskapsentrums (SAASTEC) en doen ook gereeld by Sasol  TechnoX vir 'n groot aantal leerders demostrasies en praaitjies wat  naturverskynsels verklaar. Hy het 'n reeks animasies in wiskunde, wetenskap  en tegnologie ontwikkel wat internasionaal op APPStore verkoop word.''                                                                                                      
 
(Uittreksel uit 'n aanbeveling deur: Prof Johan Markgraaff (Emeritus), B.Sc,  Honns B.Sc, M.Sc, Ph.D.)

Hierdie publikasie is befonds deur die SA Akademie vir  Wetenskap en Kuns.

Beskikbaar by: Naledi
Prys: R275

lees meer nuus