16/1/2025
Die Letterkundekommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) neem met diepe hartseer kennis van die afsterwe van Breyten Breytenbach, een van die merkwaardigste figure in dieAfrikaanse letterkunde en ’n baanbreker op verskeie terreine. As ’n leier van die Sestigerbeweging het Breytenbach nie net die Afrikaanse literêre landskap hervorm nie, maar ook die morele en politieke bewussyn van sy era uitgedaag. Sy onverskrokke kritiek teen apartheid en sy verbintenis tot geregtigheid het hom as ’n stem van waarheid gevestig, ten spyte van die groot persoonlike opofferings wat dit van hom geverg het.