ʼn Nuwe virtuele lesingreeks aangebied deur prof Francois Durand


Van die kleinste na die grootste...


ʼn Virtuele lesingreeks aangebied deur prof Francois Durand
Vanaf Donderdag 11 Julie om 18:00


Die bekende prof. Franҫois Durand, dierkundige, paleontoloog en ekoloog beginmet ’n reeks praatjies wat weekliks op die SA Akademie se Facebook-blad onder “Videos” en op die Akademie se YouTube-kanaal geplaas gaan word. Die eerste praatjie, Bakterieë - die eerste en laaste lewensvorme op Aarde, is vanaf vanaand, 11 Julie om 18:00 beskibaar.

Prof Durand gaan u treetjie vir treetjie deur die natuur op 'n ontdekkings reis neem en gaan komplekse begrippe in verteerbare happies opdeel en in leketaal verduidelik. Hierdie reeks begin met die eenvoudigste lewensvorme en selle en sal uiteindelik die groot koninkryke van lewe - swamme, plante en diere insluit. Onderwysers en tuisskolers kan gerus van hierdie materiaal in die klaskamer gebruik.

Die videos sal te sien wees op die onderstaande skakels waar u enige tyd daarna sal kan kyk soos wat dit weekliks opgelaai word:
YouTube
Facebook (onder videos):

Hier onder is die onderwerpe van die eerste vier lesings en die datums waarop dit beskikbaar gemaak word.

  1. Bakterieë - die eerste en laaste lewensvorme op Aarde - Donderdag, 11 Julie vanaf 18:00 tesien
  2. Die herkoms van ons unieke atmosfeer - Donderdag, 18 Julie vanaf 18:00 tesien
  3. Die ontstaan van komplekse selle- Donderdag, 25 Julie vanaf 18:00 tesien
  4. Hoekom is plante groen? - Donderdag, 1 Augustus vanaf 18:00 tesien

lees meer nuus