Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Werkgemeenskap Vrystaat


Geagte Akademielid en ander belangstellendes

U word hartlik uitgenooi na ’n byeenkoms, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Werkgemeenskap Vrystaat.

Dit vind plaas by die Vrystaat Kunstefees op die Kampus van die Universiteit van die Vrystaat.

Fanie Viljoen vertel van sy vriendskap met Karel Schoeman: hoe hulle ontmoet het, die Oliewenhuis-gesprekke, die viering van sy nominasie vir die Nobelprys vir Letterkunde, ’n besoek aan die Jong Afrikaner-kunsuitstalling, sy belangstelling in films, kwinkslae, kwesbaarheid, ongesiene skryfwerk, en meer.

Met: Fanie Viljoen
Taal:
Afrikaans
Tydsduur:
60 min
Toegang:
Gratis
Plek:
ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal)
Datum:
5 Julie 2024
Tyd:
18:00

RSVP: Hoffmanl@ufs.ac.za Of versterp22@gmail.co

lees meer nuus