WENNER VAN JAN H MARAISPRYS 2024

WENNER VAN JAN H MARAISPRYS 2024

 prof WAM (Wannie) Carstens

Die Jan H Maraisprys vir ʼn uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans word in 2024 toegeken aan prof WAM (Wannie) Carstens van Potchefstroom.

Die prysgeld beloop R750 000. Die Jan H Maraisprys word toegeken as erkenning vir sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde. Dit sal later vanjaar by ʼn funksie op Stellenbosch aan hom oorhandig word.

Lees meer hier

lees meer nuus