Persverklarings

Lees ons nuutste persverklarings

Versoek vir nominasie vir die Jan H Maraisprys 2024

22/5/24

Die Jan H Maraisprys verleen erkenning aan ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur werk en publikasies op hoë vlak en gehalte in Afrikaans. Dit kan aan ’n instansie of individu toegeken word. Die Jan H Maraisprys, vanjaar 10 jaar oud, is die grootste prys vir prestasie in Afrikaans met prysgeld van
R750 000.

Lees meer oor die nominasieproses

Laai afleeS hier

POS: HOOF- UITVOERENDE BEAMPTE (HUB)

11/5/24

Die pos van hoof- uitvoerende beampte (HUB) van die SA Akademie het op 1 April 2024 vakant geraak. Van die nuwe HUB word verwag om reeds op 31 Julie 2024, of so spoedig moontlik daarna, diens te aanvaar. Die Hoofkantoor van die SA Akademie is in Pretoria gevestig. Daar word verwag dat die suksesvolle kandidaat kantoorpligtig al wees.

Aansoeke om die pos van HUB (voltyds) word tot 31 Mei 2024 ingewag. Onderhoude met geskikte kandidate word so gou moontlik gevoer en daar word verwag dat 'n aanstelling teen 31 Julie gemaak sal word.

Laai afleeS hier

Akademiepryse vir 2024

19/4/24

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2024 aan.

Die pryse sal by ’n bekroningsplegtigheid in September in Pretoria aan die wenners oorhandig word. Hierdie verklaring bevat die besonderhede van die bekronings vir 2024. Die bekroondes is waar moontlik reeds mondelings daaroor ingelig.

Laai afleeS hier

Mediaverklaring: Die Hoof- Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het met ingang 1 April 2024 uitgetree.

2/4/24

Die Hoof- Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, het met ingang 1 April 2024 uitgetree.

Laai afleeS hier

Mediaverklaring: Kortlyste van die SA Akademie se pryse bekend

25/3/24

Vanjaar is dit die eerste jaar in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns dat die kortlyste van die Akademie se letterkundige pryse vooraf bekendgemaak word.

Laai afleeS hier

Geskiedenissimposium: Die stand van erfenisowerhede en erfenisbewaring in Suid-Afrika

10/1/24

Die Geskiedeniskommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns bied op Vrydag, 26 Januarie 2024 die jaarlikse geskiedenissimposium aan oor die tema ''Die stand van erfenisowerhede en erfenisbewaring in Suid-Afrika''.

Laai afleeS hier
SKENKINGS