Persverklarings

Lees ons nuutste persverklarings

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ken erelidmaatskap toe aan prof. Oppel Greeff

13/10/23

Die Suid-AfrikaanseAkademie vir Wetenskap en Kuns ken erelidmaatskap toe aan die internasionaal gerekende wetenskaplike, prof. Oppel Greeff, vir sy waardevolle bydrae om Afrikaans se status as ’n mediese wetenskapstaal op nasionale en internasionale gebied te bevorder.

Laai afleeS hier

Aankondiging: Akademieraad 2023 - 2026

28/9/23

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Raad vir die termyn 2023 tot 2026 is by sy algemene jaarvergadering op Donderdag, 28 September aangekondig.

Laai afleeS hier

Wenner van die Jan H Maraisprys 2023

28/7/23

Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans word vanjaar toegeken aan prof Louise Viljoen van Stellenbosch. Die prysgeld beloop R750 000.

Laai afleeS hier

Wenners van die 2023 Akademiepryse

20/4/23

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2023 aan. Die pryse sal by twee bekroningsplegtighede in September vanjaar oorhandig word.

Laai afleeS hier

Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (sg. Bela)

16/11/22

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns voeg graag haar stem by dié van ander belanghebbende Afrikaanse organisasies en individue wat besware opper oor die voorgestelde wysigings aan skole se taal- en toelatingsbeleid.

Laai afleeS hier

GESPREKSPUNT – Die SA Akademie se nuwe blog

1/11/22

Die Akademie se nuwe aanlyn blog, Gesprekspunt, is pas op ons webblad geloods, waar Akademielede en ander kundiges uitgenooi word om te besin oor aktuele aangeleenthede.

Laai afleeS hier
SKENKINGS