Uitnodiging: Die kuns van die Afrikaanse Kunslied

Uitnodiging: Die kuns van die Afrikaanse Kunslied

Lentekonsert 2024

Die Afrikaanse kunslied het die afgelope 100+ jaar ontwikkel deur seisoene van trots Suid-Afrikaanse komponiste se sensitiewe bewuswording en voortdurende vernuwing/innovasie. Die bestaan van die Afrikaanse kunslied is voorwaar iets om te vier, in ag genome dat die kunslied as dié klassiekemusiekgenre beskou word wat uitdrukking gee aan die essensie van menslike emosie en geestesbestaan.

Op Saterdag 26 Oktober om 15:30 by UP se Groenkloof-ouditorium vier die SA Akademie die kuns van die Afrikaanse kunslied met ʼn Lentekonsert.

Temas van nostalgie, odes aan die natuur, musiek en die liefde saam met lekker pittighede kom aan die bod in dié konsert, wat die eerste in ʼn reeks Afrikaanse Kunsliedkonserte ter viering van Afrikaans Amptelik 100 is. Gehoorlede kan uitsien na ou bekendes soos “Op my ou ramkietjie”, “Mali die slaaf se lied” en “Heimwee” asook kontemporêre kunsliedere en liedsiklusse van eietydse komponiste.

Die kunstenaars Jo-Nette LeKay (sopraan), Linette van der Merwe (mezzosopraan), Chris Mostert (tenoor), Christiaan Snyman (bas-bariton) en Ferdi Geyer (pianis) voer komposisies van onder andere Pieter de Villiers, S Le Roux Marais, Arnold van Wyk, Lourens Faul asook Hendrik Hofmeyr, Niel van der Watt en Franco Prinsloo uit. Coert Grobbelaar, bekende tenoor en radio-omroeper, sal die program aanbied.

Saterdag 26 Oktober om 15:30

Groenkloof-ouditorium, UP Groenkloofkampus (Kliek hier vir aanwysing)

Kaartjies kos R200

Kom geniet dit saam met ons, ter ondersteuning van Afrikaans Amptelik 100.

Bespreek aanlyn hier: Besprekingsvorm

Vir navrae oor die program kontak dr Linette van der Merwe, voorsitter van die SA Akademie se Werkgemeenskap Pretoria en konsertorganiseerder.
E-pos: linette.vandermerwe@up.ac.za

Vir besprekings en enige ander navrae kontak gerus vir Sanita Meyer, Skakel- en Bemarkingsbeampte van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.
E-pos: akademie@akademie.co.za

lees meer nuus