Besinnings oor aktuele aangeleenthede
Menings wat in bydraes op Gesprekspunt uitgespreek word, weerspiëel nie noodwendig die menings en opvattings van die SA Akademie nie.
Die huidige situasie waarin Eskom homself bevind as die verskaffer van byna alle elektrisiteit in Suid-Afrika, en wat die land se ekenomie en hele bevolking direk raak, is deur ‘n komplekse kombinasie van faktore veroorsaak. Oor ‘n breër front is dit noodsaaklik dat aksies deur die regering op ‘n geïntegreerde wyse uitgevoer word, met sigbare demonstrasie dat die erns van die situasie en die noodsaak om die voortgesette impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie en samelewing te minimeer, begryp word.
lees verder