Gesprekspunt

Besinnings oor aktuele aangeleenthede

Meningstukke deur Akademielede en ander kundiges

Menings wat in bydraes op Gesprekspunt uitgespreek word, weerspiëel nie noodwendig die menings en opvattings van die SA Akademie nie.

Menseregtedag, 21 Maart 2023. Laat niemand agterweë nie - gelyke regte vir almal

deur Bettina Wyngaard
20/3/23

Onthou jy nog die lang toue mense wat geduldig gewag het om hul kruisie te trek, baie vir die heel eerste keer, met die eerste demokratiese verkiesing in 1994? Dit was April, ʼn aangename sonnige dag. Daar was ʼn feestelike atmosfeer in die lug.

lees verder

2023 in Perspektief: Internasionaal en Plaaslik

deur Dr Theuns Eloff
9/12/22

2022 staan vinnig einde se kant toe, met eksamens wat klaarmaak en akademiese jare wat voltooi word. Die langverwagte Desembervakansie vir die gelukkiges lê om die draai. Maar vinnig sal die nuwe werksjaar begin ... Wat is die vooruitsigte en tendense wat ons almal se 2023 gaan vorm?

lees verder

Sielkundige welstand: ’n Blik op die voordele van verhoogde globale bewussyn van geestesgesondheid

deur prof. Irma Eloff
12/10/22

Die huidige verhoogde bewussyn rakende sielkundige welstand is ʼn gulde geleentheid om ons gesamentlike toekoms as ʼn mensdom te verbeter. Die navorsing is duidelik. Die aspekte wat ons sielkundige welstand ondersteun is grootliks nie materialisties van aard nie. Dit is die saamwees, die klein plesiertjies, die selflose gebare en die oomblikke van stilstaan wat ons sielkundige welstand laat floreer.

lees verder
SKENKINGS