Gesprekspunt

Besinnings oor aktuele aangeleenthede

Meningstukke deur Akademielede en ander kundiges

Menings wat in bydraes op Gesprekspunt uitgespreek word, weerspiëel nie noodwendig die menings en opvattings van die SA Akademie nie.

Van Standaardafrikaans na algemene Afrikaans

deur Suléne Pilon, Voorsitter van die SA Akademie se Taalkommissie
23/6/23

Die eerste Taalkommissieseminaar het onlangs by die kantoor van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns plaasgevind. Die tema daarvan, “Die einde van Standaardafrikaans?”, is gekies omdat die Taalkommissie (TK) – ná jare se gesprekke oor die kwessie – voortaan nie meer na die variëteit wat in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) beskryf word, as Standaardafrikaans wil verwys nie.

lees verder

NP van Wyk Louw - 11 Junie (1906): Om Louw 117 jaar later te onthou

deur prof Willie Burger
13/6/23

Ons loop elkeen deesdae met ’n slimfoon in die hand en kan sommer onmiddellik, op byna enige plek, google wat ons wil weet of vir ChatGPT vra. Gevolglik is memorisering nie meer ’n belangrike vaardigheid nie. Byna niemand leer meer gedigte uit hul koppe nie.

lees verder

Wêreldomgewingsdag - 5 Junie 2023

deur Prof Hannes Rautenbach
5/6/23

Op 5 Junie 2023 is dit weer eens Wêreldomgewingsdag. In die normale sin van die woord word ʼn wêrelddag herdenk of gevier, maar ek wil laasgenoemde twee begrippe doelbewus ontwyk omdat daar op hierdie stadium weinig is om te herdenk of te vier.

lees verder
SKENKINGS