Besinnings oor aktuele aangeleenthede
Menings wat in bydraes op Gesprekspunt uitgespreek word, weerspiëel nie noodwendig die menings en opvattings van die SA Akademie nie.
Die basiese wetenskappe is dit waarvan almal van ons ’n bietjie moet weet om ons wêreld beter te verstaan, terwyl dié wat baie daarvan weet ons lewens aansienlik makliker maak deur die gebruik van die kennis. ’n Goeie begrip van wiskunde, biologie, fisika en chemie help ons om natuurlike verskynsels te verstaan.
lees verderDie eerste Taalkommissieseminaar het onlangs by die kantoor van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns plaasgevind. Die tema daarvan, “Die einde van Standaardafrikaans?”, is gekies omdat die Taalkommissie (TK) – ná jare se gesprekke oor die kwessie – voortaan nie meer na die variëteit wat in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) beskryf word, as Standaardafrikaans wil verwys nie.
lees verderOns loop elkeen deesdae met ’n slimfoon in die hand en kan sommer onmiddellik, op byna enige plek, google wat ons wil weet of vir ChatGPT vra. Gevolglik is memorisering nie meer ’n belangrike vaardigheid nie. Byna niemand leer meer gedigte uit hul koppe nie.
lees verder